Ons Storie

IMG_2365

Vir 4 geslagte is Donkiesbaai die vakansie plek van ons familie. Ons Weskus is ʼn nederige plek waar die eenvoudige dinge van die lewe waardeer word. Vir baie is dit ʼn woestynagtige, droë en onbekende landskap, maar vir die van ons wat al die energie van die weskus en sy natuurlike prag beleef het, bly dit ʼn plek waar jou lewe verreik word.

Weskus kreef, Harders en n koue glasie Steen was nog altyd deel van die betowering van Donkiesbaai en hiermee klink ek ʼn glasie op my familie en vriende.